Saturday, November 27, 2010

Volksraad Verkiesing

Sestien organisasies, waaronder die HNP; AWB; die Boerevolk Vryheidstigting; Huis van Oranje; die Verkennerbeweging en die Volksraad Verkiesing Kommissie, het die afgelope naweek 'n leiersberaad bygewoon wat deur die Boere Beskermings-Forum op Springs aan die Oos-Rand aangebied is.

Die Beraad was eensgesind dat 'n demokraties-verkose Volksraad vanuit volksgeledere gekies moet word, wat oor 'n mandaat sal beskik om die Boere-Afrikanervolk se internasionaal-erkende reg op selfbeskikking in 'n eie territoriale gebied herstel te kry.

Enkele modelle vir die fasilitering van so 'n verkiesing is voorgehou. 'n Aantal organisasies op die Beraad het hulle steun toegesĂȘ aan die proses waarmee die Volksraad Verkiesing Kommissie in hierdie verband besig is; en andere het hulle steun daarvoor herbevestig. 'n Opvolg-byeenkoms vir die Beraad sal in Februarie 2011 plaasvind.

Uitgereik deur:
Die Volksraad Verkiesing Kommissie
Paul Kruger
082 267 0364

No comments: